Ons verwesenlik ons visie met ’n Christelik gebaseerde onderwysbenadering en skep ‘n onderrigomgewing wat die ontwikkeling van elke leerling bevorder met ondervinding, blootstelling en belewing. Ons gee leerlinge geleenthede om hul besondere talente te ontdek en te ontwikkel. Ons kultuur en karakter is nougeset tot voordeel van al ons leerlinge. Ons wend ons opleiding, kundigheid en hulpmiddele aan om ‘n hoë standaard van onderrig, dissipline en orde te handhaaf. Ons betoon respek teenoor ons medemens en onsself deur aanvaarbare optrede en lewenswyse. Sodoende lewer ons ‘n gebalanseerde, goed ontwikkelde kind vir die hoërskool.
“Om die optimale ontwikkeling van elke leerling se vermoë om talente na te streef met gehalte akademiese opleiding en gebalanseerde buitemuurse aktiwiteite”
Ons Geriewe
Ons skool beskik oor al die beste fasiliteite om te verseker ons kinders handhaaf ‘n hoë standaard.






