Seodin Skaakklub na Upington
19 Julie
Die skaak entoesiaste by Laerskool Seodin se skaakklub het verlede naweek in Upington gaan deelneem aan ‘n Noord Kaap Skaaktoernooi en Hanri Hattingh het weggestap ‘n goue medalje in die 0/14 meisies-afdeling. Die ander spelers wat deelgeneem het was Louis Kriel (0/14), Surayda Dada (0/10) ,Christhan Janse van Vuuren, Lounari Lamprecht en Anja Visser (0/12). Hul afrigter is mev Madelein van Wyk, wat die skaakklub sedert 2007 bestuur en die kinders afrig. Die klublede het al verskeie wisseltrofees vir junior en senior spelers in die Noord Kaap verwerf. Die kinders oefen gereeld omdat hulle van Februarie tot Desember deelneem aan verskeie toernooie in die provinsie en landwyd. Die Noord Kaap proewe op 20 en 21 Augustus in Kimberley is verpligtend vir alle lede. Om te kwalifiseer vir die provinsiale span moet ‘n speler minstens twee algemene toernooi speel. ‘n Algemene toernooi duur vyf rondtes (twee dae van 60+ minute per speler) en proewe sewe rondtes. Die algemene proewe tel 2/3 en proewe 1/3 tot die meriete punt om die provinsiale span te behaal.
Skaakkampioene by Laerskool Seodin
1 Junie
Die skaak entoesiaste by Laerskool Seodin se skaakklub presteer baie goed onder die leiding van me Madelein van Wyk, wat die skaakklub sedert 2007 bestuur en die kinders afrig. Die klublede het al verskeie wisseltrofees vir junior en senior spelers in die Noord Kaap verwerf. Die prestasies van die klub is indrukwekkend. Hanri Hattingh het onlangs ‘n goue medalje vir die beste 0/14 meisiespeler in die Noord Kaap toernooi in Hopetown verwerf. Sy het ook in 2009 saam met Aldohne Ward, Louis Kriel en Pieter Theron Noord Kaap kleure verwerf toe hulle aan die SA Skole skaakproewe in Kaapstad deelgeneem het. Dieselfde skaakspelers en Jacques Rossouw het in 2008 provinsiale kleure verwerf en die Noord Kaap verteenwoordig by die nasionale proewe in Potchefstroom. Van Wyk is baie trots op die toegewyde spelers. Hulle oefen Dinsdae by die skool van 13:30 – 14:00 (juniors graad 1 tot 3) en 14:00 – 15:00 (seniors – graad 4 tot 7). Sy was in 2009 aangewys as die spanbestuurder vir die SA Skole proewe in Kaapstad. Hulle oefen gereeld omdat hulle van Februarie tot Desember deelneem aan verskeie toernooie in die provinsie en landwyd. Tydens die Junie vakansie word werkskole aangebied. Die volgende toernooie is op 16 en 17 Julie in Upington en 6 en 7 Augustus in Kathu en Olifantshoek. Die Noord Kaap proewe op 20 en 21 Augustus in Kimberley is verpligtend vir alle lede. Om te kwalifiseer vir die provinsiale span moet ‘n speler minstens twee algemene toernooi speel. ‘n Algemene toernooi duur vyf rondtes (twee dae van 60+ minute per speler) en proewe sewe rondtes. Die algemene proewe tel 2/3 en proewe 1/3 tot die meriete punt om die provinsiale span te behaal.




