Our Archive/Ons Argief

Visitors/Besoekers

  • 2822Total visitors:
  • 10Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Oorsprong van die skoolwapen

Volgens mnr AJ Scholtz van Delmas en oud-leerling van Laerskool Seodin is verskei voorstelle vir skoolwapens gevra. Mnr Scholtz vertel hy is persoonlik deur die skoolhoof, mnr SJ Botha vertel dat sy weergawe van die wapen aanvaar is in 1943.  Die afdruk hiernaas is ‘n gesertifiseerde afdruk van die oorsprnklike wapen wat mnr Scholtz . . . → Read More: Oorsprong van die skoolwapen

Bestel foto’s van Kanoss eindstryd

Ouers kan aksiefoto’s bestel van Vrydag se Kanoss finaal.

Dit werk so:

Kyk na die webwerf en kliek op Galleries en soek dan na Kanoss Finaal foto’s  – http://ckcommunications.photomerchant.net/home

Kyk deur foto’s en kies jou foto. Die foto se nommer is bo-aan foto. Skryf dit neer.
Die foto’s kos R20 elk. Ek . . . → Read More: Bestel foto’s van Kanoss eindstryd

Laerskool Seodin bied suksesvolle Kanoss eindstryd aan

DIE  Kanoss laerskole rugby eindstryd is verlede Vrydag deur Laerskool Seodin aangebied by die Kuruman Skougronde. Daar is ses wedstryde tussen 12 spanne gespeel.

Kinders het vroegdag af hul spanne langs die veld aangemoedig terwyl hulle gesmul het aan pannekoek en koeldrank gedrink het.

In die 0/9B liga het die Noord Kaap . . . → Read More: Laerskool Seodin bied suksesvolle Kanoss eindstryd aan

Seodin seevier in Kanoss liga

LAERSKOOL SEODIN se drie A-liga rugbyspanne wat aan die Kanoss eindstryd by die Kuruman skougronde deelgeneem het verlede almal geseëvier en met die goue medaljes en trofees weggestap.

Die 0/9 A span het met 10 – 0 oor Laerskool Postmasburg geseevier. Die drieë is deur Nico Pieterse en Matthew Caldwell gedruk. Albei spanne . . . → Read More: Seodin seevier in Kanoss liga

Top 10 Leerlinge

Top Tien Leerlinge tweede kwartaal 2010

Graad 4

1.         Gerco Scheepers

2.         Carel Erasmus

3.         Charnel Burger

4.         Junel Odendaal

5.         Riaan de Klerk

6.         Marjohandi Espach

7.         Mphatlatsane Kekana

8.         Monè le Roux

9.         Ismari Goosen

10.       Pieter Smith

Graad 5

1.         Liandri Fourie

2.         Christhan Jansen van Vuuren

3.         Joannè Venter

4.         Chanell Kruger

5.         Lianè Muller

6.         Adri Kotze

7.         Jonelle Möhr

Johan Liebenberg

9.         Janice Willemse

10.       Danelle Ingram

Graad 6

1.         Pierre van der Walt

2.         . . . → Read More: Top 10 Leerlinge

Veearts skenk boeke aan skool

DIE dierekos maatskappye Royal Canine en Vet’s Choice het ter viering van wêreldveeartsenydag op 22 Junie ensiklopedieë oor troeteldiere vir landelike skole geskenk. Dr Gerhard van der Westhuizen van Kuruman Dierekliniek het die boeke, The Royal Canine Ensiklopedie Hond en The Royal Canine Ensiklopedie Kat aan Laerskool Seodin oorhandig. Op die foto, van links . . . → Read More: Veearts skenk boeke aan skool

OWK Kunsuitstalling ‘n dawerende sukses

26 Julie 2010

LAERSKOOL SEODIN se eerste Salon OWK Kunsuitstalling vir plaaslike kunstenaars verlede week was ‘n dawerende sukses volgens die organiseerders. Sowat 150 mense van die dorp en omgewing (selfs besoekers uit Blackrock) het die kunswerke en die kaas-en-wyn geniet in die skoolsaal. Vier en twintig kunstenaars, talle studente, skoliere, fotograwe en beeldhoukunstenaars het . . . → Read More: OWK Kunsuitstalling ‘n dawerende sukses

Skaakleerlinge presteer op toernooie

Seodin Skaakklub na Upington

19 Julie

Die skaak entoesiaste by Laerskool Seodin se skaakklub het verlede naweek in Upington gaan deelneem aan ‘n Noord Kaap Skaaktoernooi en Hanri Hattingh het weggestap ‘n goue medalje in die 0/14 meisies-afdeling. Die ander spelers wat deelgeneem het was Louis Kriel (0/14), Surayda Dada (0/10) . . . → Read More: Skaakleerlinge presteer op toernooie

Rugbynuus – Winterseisoen 2010

Drie Seodin spanne in KANOSS finaal

19 Julie

VIER van Laerskool Seodin se rugbyspanne het verlede week deelgeneem aan die semi finale rondte van die KANOSS (voorheen Van Druten-liga) laerskole rugbytoernooi. Drie van die spanne het deurgedring na die finale wat op 23 Julie op die Kuruman skougronde om 14:30 plaasvind.

. . . → Read More: Rugbynuus – Winterseisoen 2010

Netbalnuus – Winterseisoen 2010

Seodin verloor in eindstryd

9 Junie

Laerskool Seodin het Maandag  21  – 13 verloor teen Laerskool Eureka in die Noord Kaap eindstryd van die Departement van Onderwys Laerskole Netbal Uitdaagreeks. Laerskool Eureka sal nou in Johannesburg aan die provinsiale kampioenskappe gaan deelneem. Seodin sal ook deelneem in die School Festival toernooi in Johannesburg as die nommer twee span . . . → Read More: Netbalnuus – Winterseisoen 2010