Our Archive/Ons Argief

Visitors/Besoekers

  • 2822Total visitors:
  • 10Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Netbalnuus – Winterseisoen 2010

Seodin verloor in eindstryd

9 Junie

Laerskool Seodin het Maandag  21  – 13 verloor teen Laerskool Eureka in die Noord Kaap eindstryd van die Departement van Onderwys Laerskole Netbal Uitdaagreeks. Laerskool Eureka sal nou in Johannesburg aan die provinsiale kampioenskappe gaan deelneem. Seodin sal ook deelneem in die School Festival toernooi in Johannesburg as die nommer twee span in die Noord Kaap provinsie. Die 0/12 netbalspan gaan ook saamtoer. Die uitdaagreeks het ten doel om talentvolle spelers geleenthede te gee om hul talente te ontwikkel om uiteindelik provinsiaal en nasionaal te kan speel.Die wedstryd was baie opwindend in die eerste drie kwarte van 10 minute elk. Seodin was kop aan kop met Eureka en daar was nie sekerheid oor die wenner nie. Op ‘n stadium was die spanne kop aan kop met 11 elk. Teen die begin van die laaste kwart was die telling 14- 11 in Eureka se guns.  Die opposisie was te goed en het die balle seepglad laat gly. Eureka se lang doelskieters het die punte laat opstapel.Afrigters Karen Byleveld en Cara Horn is egter baie trots op die span om tot op die stadium te

Spelers gekies vir proewe

13 Junie

Die Laerskool Seodin se 0/12 en 0/13 spanne het kranige netbalspelers wat verlede week gekies is om vir die John Taolo Gaetsewe netbalspan te speel. Hulle speel hierdie naweek in die finale proewe van die Griekwaland-Wes platteland afdeling. Na afloop van die proewe word daar ‘n 0/12 en 0/13 Griekwaland-Wes Robyne-span gekies wat aan ‘n interprovinsiale toernooi in Johannesburg gaan deelneem.

Agter staan die O/13 meisies; vlnr: Cara Snyman, Lerisa-Lee van Rooyen, Chantalle Myburgh, Alicia Beukes en Amoré Hauman. Die 0/12 meisie wat voor staan is: Deidré Möhr, Lezaan van Rooyen, Jené van den Berg en Bianca Roodt.

Seodin netbalspelers gekies vir Robyne

17 Mei 2010

Twee van Laerskool Seodin se 0/12 en drie van die 0/13 netbalspanne se spelers is verlede Saterdag gekies om in die 0/12 en 0/13 Robyne-spanne (voorheen bekend as Noordwes-Kaap) te speel. Die kranige spelers speel in die interprovinsiale netbaltoernooi vir laerskole in Johannesburg in die Junie-vakansie.

Lezaan van Rooyen en Bianca Roodt speel vir die 0/12 span en Alicia Beukes, Lerissa-Lee van Rooyen en Chantalle Myburgh sal in aksie wees in die 0/13 Robyne span. Laerskool Seodin is baie trots op die meisies se prestasie.

Laerskool Seodin se 0/13 netbal derde in Super 14

Super 14 spelers vaar goed

17 Mei

Netbalafrigter Karen Byleveld en hulpafrigter Kara Horn wat die Laerskool Seodin se onder 13A en B-spanne afrig kan trots wees op hul span. Hulle het derde gekom in die onlangse Super 14 netbaltoernooi (23-26 April) by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein.

Sewe skole het deelgeneem in die 0/13 A-afdeling, en 31 skole in die ander afdelings (0/14 A – 0/18A).

Die tien spelers van Laerskool Seodin was Danielle Laubscher, Chantell Myburgh, Cara Snyman, Gretha Ellis, Alicia Beukes, Amoré Houman, Laurisa-Lee van Rooyen, Genevieve Chapman, Yolandi Fourie en Ananri Bester.

Die tellings soos volg:

Laerskool Fichardtpark 17 Laerskool Seodin 15; Laerskool Seodin15  Universitas 14; Laerskool Frankfort 23 Laerskool Seodin 12; Laerskool Seodin 20 Laerskool Truidakestell 8; Laerskool Seodin 21 Laerskool President Brand 9; Laerskool Seodin 21 Laerskool Outeniqua 11.

In die laaste rondte het Laerskool Seodin derde gelê, maar moes uitspeel vir derde of vierde plek teen Fichardtpark. Die wedstryd het gelykop geëindig met 15 elk. Laerskool Seodin het derde geëindig omdat hul doelgemiddeld tydens die toernooi beter was. Die spelers en afrigter het die toernooi en naweek terdeë geniet en baie geleer uit die ondervinding.

Netbalkliniek suksesvol

6 Mei

‘n Groepie 0/12 en 0/13 netbalspelers van die Laerskool Seodin was onlangs op ‘n netbal afrigtingskursus in Brits, naby Hartebeespoortdam waar ander skoolspanne ook deelgeneem het. Die meisies het nie net waardevolle netbalafrigting gekry nie, maar ook tyd gehad vir pret en spanbou.

Hulle het elke dag ‘n paar uur netbalafrigting gehad van professionele afrigters. Swak tegnieke is uitgewys en beter metodes gedemonstreer.

Die professionele afrigters is van Magnificent Sport in Pretoria. Seodin se spelers is veral touwys gemaak met doele skiet, asook verdediging en aanval. Hulle het ook wedstryde teen ander spanne gespeel. Deidre Moore is aangewys as die beste verdedigende vleuel van die naweek.

Die naweek het afgeskop met foefiegly-pret. Daarna het hulle windbuks geskiet en hul pyl en boog skiet vermoëns getoets. Aan die einde van die naweek het Seodin die prys vir die sterkste vlot gewen. Hulle wel langer geneem om hom te bou, maar hy het nie uitmekaar geskiet op die water nie. Saterdag het die klompie in die veld gaan stap en meer geleer oor die natuur.

Volgens Sonique du Plooy, die 0/12 span se afrigter by die skool, het die span dadelik baat gevind. Die nuwe metodes wat hulle geleer het kon hulle toepas in hul wedstryde teen Laerskool Kathu verlede week, wat hulle met 13  – 3 gewen het.

Die span se borge was Hennie Booysen, Good Hope Boerdery, Kalahari Noord Apteek, Hero Simmentalers, Wilson Smith en Werner Roodt.

Netbal teen Postmasburg

16 April

DIE netbalbane was net so vol opwinding  soos die rugbyvelde. Nege Seodin netbalspanne het hul wedstryde gewen, een het gelykop gespeel en een het verloor. Die O/13A span het oor hul opponente geloop en die span het as geheel goed gebind.  Die uitblinkers in die O/10 span was Lalie Lamprecht en Junél Odendaal wat baie goed verdedig het.

Die uitslae soos volg:

O/13A Laerskool Seodin 24 Laerskool Postmasburg 2 ; O/13B Laerskool Seodin 14 Laerskool Postmasburg 4; O/13C Laerskool Seodin 13 Laerskool Postmasburg 3;  O/11A Laerskool Seodin 8 Laerskool Postmasburg 5; O/11B Laerskool Seodin 4 Laerskool Postmasburg 1; O/10A Laerskool Seodin 9 Laerskool Postmasburg 5; O/10B Laerskool Seodin 6 Laerskool Postmasburg 0; O/9A Laerskool Seodin 10 Laerskool Postmasburg 3; O/9B Laerskool Postmasburg 7 Laerskool Seodin 5; O/8A Laerskool Seodin 5 Laerskool Postmasburg 0; O/7A Laerskool Seodin 1 Laerskool Postmasburg 1

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>