Volgens mnr AJ Scholtz van Delmas en oud-leerling van Laerskool Seodin is verskei voorstelle vir skoolwapens gevra. Mnr Scholtz vertel hy is persoonlik deur die skoolhoof, mnr SJ Botha vertel dat sy weergawe van die wapen aanvaar is in 1943. Die afdruk hiernaas is ‘n gesertifiseerde afdruk van die oorsprnklike wapen wat mnr Scholtz steeds besit.
‘Wat die leuse en naam se posisie en skryfwyse betref kan dit verander en dit verander soms, maar die essensie van die skoolwapen is die inhoud, veral die boom en Gamohaankop, op die agtergrond,” vertel hy.
Die pik en graaf op die skoolwapen beeld die leuse – Werk en Wen – uit terwyl die boek kennis voorstel. Die kameeldoringboom en Gamohaankop vorm deel van die omgewing en vul ook die ander derde van die wapen.







