Our Archive/Ons Argief

Visitors/Besoekers

  • 2820Total visitors:
  • 8Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

OWK Kunsuitstalling ‘n dawerende sukses

26 Julie 2010

LAERSKOOL SEODIN se eerste Salon OWK Kunsuitstalling vir plaaslike kunstenaars verlede week was ‘n dawerende sukses volgens die organiseerders. Sowat 150 mense van die dorp en omgewing (selfs besoekers uit Blackrock) het die kunswerke en die kaas-en-wyn geniet in die skoolsaal. Vier en twintig kunstenaars, talle studente, skoliere, fotograwe en beeldhoukunstenaars het hul beste werke uitgestal. Die organiseerder van die uitstalling, mev Estelle Strydom sê: “Ons gaste was hoog beïndruk met die gehalte van die kunswerke. Dit is verstommend hoeveel werklike talent daar in die Kalahari is, en niemand weet daarvan nie.
“Ons het dus in ons doel geslaag om ons mense ‘n platform te gee om hul talente bloot te stel en ander kunstenaars te ontmoet. Ek is seker almal het inspirasie in mekaar gevind en nuwe vriendskappe gesmee. Hopelik maak sommige van hulle sommer groot naam vir hulself.” Die kunstenaars het elk ‘n kunswerk ingeskryf vir die Sanlam-kunsprys. Die wenner word bekend gemaak op 12 Oktober. Sowat tien kunswerke is op die aand verkoop met gaste wat nog werke wil aanskaf.Oranjerivier Wynkelders het al die wyn en sjerrie vir die aand geskenk en mnr Willie Esterhuizen het die gaste verwelkom met mnr Jan Louw, skoolhoof. “Ons Salon uitstalling is beslis nou ‘n jaarlikse instelling en elke jaar sal ons dit verbeter en hopelik ons eie mense die eer en platform gee wat hulle toekom’” sê Strydom.

Kunstenaar Marda Oosthuizen en haar kleindogter Nila Oosthuizen.

Mnr Willie van den Berg en me Estelle Strydom (organiseerder) bekyk fotograaf Otto Jeppe se foto-uitstalling.

Annatjie Walker by haar kunswerke in haar stalletjie.

Nicola van der Berg voor haar werke.

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>