Drie Seodin spanne in KANOSS finaal
19 Julie
VIER van Laerskool Seodin se rugbyspanne het verlede week deelgeneem aan die semi finale rondte van die KANOSS (voorheen Van Druten-liga) laerskole rugbytoernooi. Drie van die spanne het deurgedring na die finale wat op 23 Julie op die Kuruman skougronde om 14:30 plaasvind.
Seodin SE 0/9A, 11/A en 13/A het deurgedring na die finale nadat hulle onderskeidelik Laerskool Kuruman en Laerskool Sishen Primêr in die semi finale te klop.
Die KANOSS laerskole finale wat more by die skougronde plaasvind beloof om baie opwindend te wees.
Twaalf spanne gaan deelneem in ses wedstryde in die A en B liga. Toeskouers kan hul regmaak vir ‘n opwindende rugbyfees.
Die eerste wedstryd is om 14:30 en die hoofwedstryd om 18:45. Toegang is R10 (volwassenes) en R5 (laerskool leerlinge).
Die program van wedstryde:
14:30 Hotrock vs Noord Kaap (0/9 B)
15:20 Wrenchville vs Hotrock (0/11 B)
16:10 Kathu vs Wrenchville (0/13 B)
17:00 Seodin vs Postmasburg (0/9 A)
17:50 Seodin vs Kuruman (0/11 A)
18:45 Seodin vs Kathu (0/13 A)
Sishen byeenkoms spannend
17 Mei 2010
TWEE weke gelede het Laerskool Seodin hul skoolbusse vol entoesiastiese netbal en rugbyspanne gelaai en die pad Sishen toe aangepak vir ‘n interskole byeenkoms teen Sishen Primêre skool. Dit was harde wedstryd wat in goeie sportmangees gespeel is. Nie een span het vir die ander teruggestaan nie.
Die uitslae soos volg:
0/9A Laerskool Seodin 35 Sishen Primêr 0; 0/7A Laerskool Seodin 15 Sishen Primêr 5; 0/8A Laerskool Seodin 5 Sishen Primêr 0; 0/11A Laerskool Seodin 31 Sishen Primêr 0; 0/13A Laerskool Seodin 20 Sishen Primêr 0
Seodin rugbyspelers vir proewe gekies
‘n Klompie kranige rugbyspelers van die Laerskool Seodin is verlede Saterdag gekies om vir die 0/12 Griquas-span te speel. Hulle sal in die Junie vakansie in ‘n rugbyweek in Newcastle in Kwazulu Natal gaan speel. Die spelers is Lourens Schreuder, Gideo Beukes, Heinrich Fourie, Bryan Whitehead en Wian Daniels.
Rugby hou kinders fiks
17 Mei
DIE 0/13B rugbyspan van Laerskool Seodin speel baie wedstryde om hulle fiks te hou gedurende die seisoen. Verlede week het hulle Noord-Kaap Primêre skool (van Olifanthoek) se 0/13A span aangepak op Laerskool Kathu se bane. Hulle het die wedstryd oortuigend gewen met 29-0.
Later in die week is dieselfde span ook die stryd aangesê deur Hoërskool Daniëlskuil se 0/13A span. Laasgenoemde het egter te veel skietgoed gehad vir Laerskool Seodin en het die wedstryd met 27-10 gewen.
Laerskool Seodin se 0/8 het 20 – 0 teen Danielskuil gewen.
Seodin speel in toernooi by Newton
17 Mei
DIE Laerskool Seodin 0/9A rugby- en netbalspanne het verlede Saterdag by Newton Laerskool se kortvolkdag in Kimberley gaan speel. Albei spanne het besonders goed gevaar in hul verskeie wedstryde:
Rugby:
Laerskool Seodin 5 Laerskool Bloemfontein 5; Laerskool Seodin 0 Laerskool Fanie Malan 0; Laerskool Eureka 12 Laerskool Seodin 7
Kalahari wintersport seisoen bedrywig
29 April
DIE afgelope twee weke het ‘n hele paar laerskole in die streek teen mekaar netbal en rugby gespeel. Laerskool Seodin het teen Kuruman Laerskool rugby gespeel op Kuruman se velde (22 April) en netbal en rugby teen Laerskool Kathu (29 April).
Seodin het al drie rugbywedstryde gewen teen Laerskool Kuruman (0/9 wen 15 – 5; 0/11 wen 35 – 5; 0/13 wen 39 – 0). In al drie wedstryde is opwindende hardloop rugby gespeel wat die skare deurentyd op hul voete gehad het.
Verlede Donderdag het Seodin met vyf rugbyspanne en 14 netbalspanne teen Kathu op die Seodin sportvelde meegeding. Goeie sportmangees het langs die veld en op die bane geheers. Seodin het vier van die vyf rugbywedstryde gewen en vyf netbalwedstryde gewen, een gelykop gespeel en een verloor.
Rugby Uitslae
0/7 Seodin 5 Kathu 0; 0/9 Seodin 12 Kathu 0; 0/11 Seodin 60 Kathu 0; 0/13 B Kathu 13 Seodin 0; 0/13 A Seodin 36 Kathu 10
Sportdag teen Postmasburg
16 April
LAERSKOOL Seodin het verlede week weer skoonskip gemaak in die netbal sportdag en rugbyliga teen Laerskool Postmasburg en Laerskool Kuruman op Seodin se sportvelde. Wedstryde het 14:30 afgeskop en 17:45 geëindig.
Sowat 180 Seodin leerlinge het deelgeneem en ouers, onderwysers en afrigters is dit eens dat die kinders die dag baie geniet het.
Die rugby-wedstryde was die O/13A-span se uitblinkers was agsteman Stefan le Roux, Gideo Beukes, Dryan Lamprecht en Heinrich Fourie. Pierre van der Walt en Philip Greef het uitgetroon in die lynstane. Losskakel Boeta Fourie was flink in die agterlyn. Vir die onder 13/B-span het Heinrich Schoeman en Matthys Laubscher goeie druk toegepas.
In die 0/11 wedstryd het Seodin se skrumskakel JJ van Zyl en senter Erik Kies uitgeblink.
Uitslae:
O/9A 12- 5 Laerskool Seodin 12 Laerskool Postmasburg 5; O/11A Laerskool Seodin 52 Laerskool Postmasburg 0; 0/13A Laerskool Seodin 50 Laerskool Postmasburg 0; O/13B Laerskool Seodin 22 Laerskool Kuruman 14




