Our Archive/Ons Argief

Visitors/Besoekers

  • 2822Total visitors:
  • 10Visitors today:
  • 1Visitors currently online:

Seodin seevier in Kanoss liga

LAERSKOOL SEODIN se drie A-liga rugbyspanne wat aan die Kanoss eindstryd by die Kuruman skougronde deelgeneem het verlede almal geseëvier en met die goue medaljes en trofees weggestap.

Die 0/9 A span het met 10 – 0 oor Laerskool Postmasburg geseevier. Die drieë is deur Nico Pieterse en Matthew Caldwell gedruk. Albei spanne het hard gespeel en die toeskouers het werklik goeie rugby van die klein mannetjies geniet.

Seodin se 0/11A span het teen Kuruman Laerskool se span gespeel en 44-7 gewen. Erik Kies en Chistan van Vuuren het elk 2 drie gedruk en Frikkie Aucamp, Charles Williams, Riaan de Klerk en Pieter Smith elk een drie. Charles Williams het twee drieë verdoel. Teen rustyd was albei spanne op 7 elk en was die spanning hoog. Teen die tweede helfte was die bordjies verhang en het die maroenhemde die doellyn knaend besoek.

Die hoogtepunt van die aand was die naelbytwedstryd tussen Seodin en Laerskool Kathu in die 0/13 A-liga. Albei spanne was doelgerig en vasberade om die goue medaljes om die nek te hang. Die toeskouers was gedurig op die voete om die spanne aan te moedig. In die doodsnikke van die wedstryd met die telling op 10 elk het Seodin se Lourens Schreuder die wendrie gaan druk. Die ander drieë was deur Boelie Beukes en Stephan le Roux gedruk.

Die Laerskool Seodin se 0/9 A span se spelers tydens ‘n besering. Hulle is van links Heinrich Wessels, Nico Pietersen, Hansie Fourie, Lohan van Zyl, Louis Myburgh, Jordon Smit en DM Hohls.

Die o/11 A span vier hul oorwinning van 44 - 7 teen Laerskool Kuruman.

Die 0/13 A span vier hul oorwinning van 15 - 10 oor Kathu

Leave a Reply

 

 

 

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>